Bejaardes Uitreike

Ons reik op ‘n gereelde basis uit na die bejaardes wat sukkel om ‘n bestaan te maak van hulle maandelikse pensioentjie. Ons gee op ‘n weeklikse basis brood aan die bejaardes en dan waar dit moontlik is maandeliks kruideniersware vir hulle. Moeders en Vadersdag beplan on sook altyd ‘n bederfie, en kersfees sorg ons altyd dat hulle kospakkies ontvang.
Hier is ons vir die dames elkeen ‘n kospakkie gegee en die manne het elkeen ‘n “Shoe box” gekry waar daar vir hulle bederfies in was soos bv. Seep, skeerroom,tandepaste, waslappie, notaboekies, penne ens.


Back to Top